Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meghan Cremer het een van haar vermeende moordenaars geken
Jeremy Sias

Die vermoorde perderuiter Meghan Cremer (30) het minstens een van haar vermeende moordenaars persoonlik geken.

Linda Mohr, eienaar van die Vaderlandsche Rietvlei-perdeplaas, het Donderdag op Facebook gesê dit is nodig dat hulle die vrae oor Jeremy Sias, wat met hul seun op Facebook bevriend is, beantwoord.

Sy skryf dat hy op die naburige plaas van ’n familielid gebore is en grootgeword het. Hy was ’n werker op ’n laerliggende plaas van hulle en het volgens haar nooit in aanraking met hul kliënte en hul perde gekom nie.

“Ons is nog in skok oor die verlies van ons dierbare Meghan en nou het die skok dat Jeremy (glo) by haar dood betrokke is, ons ook getref. Ons is almal verslae.”

Sy skryf dat hulle dit vir Cremer moet doen en seker maak dat hulle agter tralies bly.

Sias en sy twee medebeskuldigdes, Charles Daniels en Shiraaz Jaftha, is Maandag in hegtenis geneem nadat hulle in besit van Cremer se wit Toyota Auris gevind is.

Sy is Sondag as vermis aangemeld nadat sy Saterdag omstreeks 18:24 laas lewend gesien is toe sy die plaas verlaat het.

Haar lyk is Donderdag omstreeks 01:00 deur een van die mans, vermoedelik Sias, uitgewys waar sy onder sand by ’n sandmyn by Olieboomweg, Philippi, begrawe is.

Daar was ’n tou om haar nek en sy was vasgebind.

Die drie het Donderdag in die landdroshof in Athlone, Kaapstad, op aanklagte van motordiefstal, die besit van gesteelde goedere en moord verskyn.

Die saak is tot 15 Augustus uitgestel vir die staat om borgtoginligting aan die hof voor te lê.

Linda Mohr se Facebook-plasing. Foto: Facebook
Meer oor:  Jeremy Sias  |  Meghan Cremer  |  Kaapstad  |  Philippi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.