Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meisie (13) in hand, gesig geskiet
Ao. Alwin Labans, polisiewoordvoerder. Foto: Argief

’n Tienermeisie van Greenfields in Port Elizabeth is in haar gesig en hand geskiet toe vier mans glo probeer het om haar ma se motor te steel.

Volgens die polisie het die mans Dinsdagoggend net voor 01:00 voor die vrou se huis in Mjibastraat gestaan en skree.

“Die mans wou blykbaar die sleutel hê vir die Toyota wat in die erf gestaan het,” sê ao. Alwin Labans, polisiewoordvoerder.

Die vrou het voorgegee dat sy nie weet aan wie die motor behoort nie.

Dit is toe dat die mans glo die motor probeer optel en uit die erf dra.

Toe sy in 'n kamer gaan ondersoek instel, het sy haar 13-jarige dogter met ’n skietwond aan haar gesig en hand gevind.
Ao. Alwin Labans

“Intussen het die vrou, wat binne die huis was, ’n harde slag gehoor. Toe sy in 'n kamer gaan ondersoek instel, het sy haar 13-jarige dogter met ’n skietwond aan haar gesig en hand gevind.”

Die vermeende motordiewe het gevlug en die meisie is na die hospitaal geneem, waar sy vir skietwonde behandel word.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord.

* In ’n onverwante voorval is ’n 21-jarige man laat Maandagaand in Helenvale geskiet.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het die man in Martinweg gestaan toe hy deur twee onbekende mans genader is.

“Een van die twee mans het verskeie skote op die slagoffer afgevuur, en hom in sy linkerskouer geskiet,” sê Naidu.

Die aanvallers het te voet gevlug.

Naidu sê die slagoffer se ma (53) is verlede week in haar huis in Jacksonville, 15 km van die jongste voorval, aangeval en ook gewond.

“Die vermoede is dat die twee voorvalle verband hou en dat dit wel bendeverwant is,” sê Naidu.

Die polisie is ook nog op soek na die aanvallers in die Jacksonville-skietery.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Geskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.