Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meisie (13) van Worcester verkrag toe sy ná skool huis toe stap

’n Meisie (13) is Vrydag omstreeks 14:00 in Worcester gegryp terwyl sy ná skool huis toe gestap het en in bosse naby een van die Brandwacht-plase buite die dorp verkrag.

Ao. Julian Plaatjies, Worcester-woordvoerder, sê die meisie het van die skool af huis toe gestap nadat haar saamrygeleentheid nie opgedaag het nie.

Plaatjies sê ’n man met ’n mes het die meisie gedreig en haar by die bosse ingedwing en haar verkrag.

“Die meisie het ná die tyd die nodige mediese hulp en berading ontvang. Die verdagte is nog op vrye voet, maar hy sal binnekort in hegtenis geneem word.”

Plaatjies sê die Worcester-eenheid vir gesinsgeweld ondersoek ’n klag van verkragting.

Netwerk24 het Maandagoggend met die meisie se pa kontak gemaak, maar hy wou nie onmiddellik kommentaar lewer nie.

Die polisie ondersoek intussen ook die verkragting van ’n agtjarige meisie Saterdag in Zolani in Ashton, sowat 64 km van Worcester.

Plaatjies sê die meisie is omstreeks 07:40 winkel toe waar die winkeleienaar haar na bewering verkrag het.

“Die meisie het haar ma vertel wat gebeur het toe sy by die huis gekom het,” sê Plaatjies.

Die 32-jarige winkeleienaar is in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

In nog ’n voorval in Zolani in Ashton is ’n 45-jarige vrou Vrydag omstreeks 21:30 na bewering deur haar ekskêrel verkrag.

“Die man het haar gekonfronteer, aangerand en haar in sy huis ingedwing, waar hy haar weer aangerand het en toe verkrag het.”

Hy sê die slagoffer kon daarin slaag om te ontsnap nadat die verdagte aan die slaap geraak het.

Die 32-jarige verdagte is in hegtenis geneem en sal na verwagting ook Maandag in die hof verskyn.

Meer oor:  Worcester  |  Polisie-Ondersoek  |  Misdaad  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.