Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meisie (14) beskerm ma teen inbrekers

’n Dapper tienermeisie van Port Elizabeth het vroeg Woensdagoggend haar man gestaan teen vyf inbrekers sodat sy haar ma kon beskerm.

Dié 14-jarige meisie het nie eens ingegee toe sy met ’n wapen gedreig is nie.

Volgens kapt. Johan Rheeder, polisiewoordvoerder, het sy omstreeks 03:00 van ’n geraas by haar kamervenster in Themba Dlamini-straat in die Walmer-township wakker geskrik.

Vyf mans, waarvan een ’n vuurwapen gehad het, het by haar kamervenster ingeklim. Met hul geraas het hulle haar broer se twee maande oue baba, wat saam met die tienermeisie in die kamer slaap, wakker gemaak.

Die meisie se ma het van die baba se gehuil wakker geword en haar dogter gevra om die baba na haar kamer te bring. Met die mans nog in haar kamer het sy haar ma geantwoord dat sy na die baba in haar eie kamer sal omsien.

Die mans het die meisie met die wapen gedreig en waardevolle items in die huis gebuit. Eers nadat hulle weg is, het die meisie haar ma van die voorval gaan vertel en hulle het die polisie gekontak.

Volgens die meisie het sy niks laat blyk aan haar ma terwyl die inbrekers in die huis was nie, omdat sy bang was dat hulle haar ma kon seermaak.

’n Mes wat vermoedelik aan een van die inbrekers behoort, is ná die voorval Woensdagoggend in die tiener se kamer gevind.

Rheeder sê die rowers het met selfone en ’n Xbox met videospeletjies weggekom.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Kapt. Johan Rheeder  |  Port Elizabeth  |  Inbrake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.