Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meisie (14) hou kop, spring ontvoering vry

’n Veertienjarige meisie is verlede Dinsdagmiddag in Brackenfell op pad van die skool af byna ontvoer, en net haar vinnige optrede het dit voorkom.

Die polisie het die besonderhede oor die voorval by navraag Dinsdagoggend aan Netwerk24 bekend gemaak.

Volgens kapt. F.C van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het sy omstreeks 15:15 in Paradysstraat, een van die hoofroetes in die gebied, gestap toe drie mans in ’n blou Volkswagen Polo langs haar stilgehou het.

Paradysstraat in Brackenfell is een van die hoofroetes deur die voorstad. Foto: Google Maps

“Die insittendes het haar in Afrikaans gevra of sy weet waar die Groenpunt-stadion is.”

Volgens Van Wyk het die man wat voor langs die bestuurder gesit het, uitgeklim en haar probeer gryp.

“Sy was egter te vinnig vir hulle. Sy het in die teenoorgestelde rigting gehardloop en die bestuurder van ’n afleweringswa voorgekeer.”

Van Wyk sê die Polo het weggejaag. Die registrasienommer is nie bekend nie.

Die insittendes van die afleweringswa het haar dadelik na die polisiekantoor geneem.

“Hoewel sy nie beseer is nie, is sy wel getraumatiseer.”

Van Wyk sê die polisie ondersoek ’n klag van poging tot ontvoering.

“Die meisie se vinnige en dapper reaksie het die verdagtes se planne in die wiele gery,” sê Van Wyk.

Meer oor:  Kaapstad  |  Brackenfell  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.