Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meisie (14) se lyk in Soweto gekry

Die lyk van ’n gr. 9-leerling van die Aurora Girls High School is Vrydag in die Emdeni-uitbreiding in Soweto gekry.

Volgens ’n verklaring van die Gautengse onderwysdepartement is die 14-jarige meisie Donderdag na ’n winkel in Dobsonville en weer huis toe. Sy het egter ’n paar items vergeet en is terug winkel toe, waarna sy verdwyn het.

“Die familie het na haar begin soek maar kon haar nie opspoor nie en sy is by die plaaslike polisiekantoor as vermis aangemeld,” lui die verklaring.

“Haar lyk is Vrydag in die Emdeni-uitbreiding in Soweto gekry.”

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het sy medelye oor die voorval uitgespreek.

“Hoe slaap mense ná hul barbaarse en wrede optrede? Ons is verpletter en saam met die familie en skoolgemeenskap hartseer.”

Lesufi gaan die familie Maandag besoek. 

Meer oor:  Soweto  |  Misdaad  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.