Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meisie (14) se lyk op stortingsterrein in Barrydale gekry

Die omstandighede word ondersoek rondom die moord op ’n 14-jarige meisie van Barrydale, wie se lyk op ’n stortingsterrein gevind is.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, het by navraag gesê die polisie het Vrydag ’n klag oor ’n vermiste persoon ontvang.

Die polisie het daarna in sy ondersoek die meisie se lyk op ’n stortingsterrein gekry.

Volgens Rwexana is ’n 37-jarige man in hegtenis geneem. Hy sou na verwagting Maandag in die landdroshof in Swellendam verskyn het.

Die polisie het nie die meisie of die man se identiteit, asook die uitslag van Maandag se hofverrigtinge en die omstandighede waaronder die meisie vermis geraak het, bekend gemaak nie.

Netwerk24 het verneem dat haar ouers in Barrydale se dorpsgebied woon. Volgens die Facebook-groep Barrydale Public Group het inwoners Saterdagaand talle sirenes gehoor en toe verneem dat ’n meisie blykbaar op ’n stortingsterrein vermoor is. Dit was dieselfde aand waarop ’n plaaswerkershuis in ’n brand verwoes is.

Volgens inligting op die Facebook-blad was daar sedert die Paasnaweek verskeie voorvalle van misdaad in die dorp en op plase in die gebied. Lede van die groep het hul skok oor die “sinlose” moord uitgespreek.

Volgens die Facebook-groep Barrydale News is die stortingsterrein “net verby” ’n vulstasie in die dorp in die rigting van Montagu.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.