Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meisie (4) aan badkamerdeur opgehang

Die lyk van ’n vierjarige meisie is die naweek by haar ouerhuis in Komani (Queenstown) aangetref waar sy glo aan die badkamer se deur gehang het.

Die polisie in die Oos-Kaap is Saterdag na die toneel in Lesseyton uitgeroep deur gemeenskapslede wat die kind gevind het.

Kapt. Namhla Mdleleni, polisiewoordvoerder, sê die kind het glo ook krapmerke op haar lyf gehad.

Dit is tans nog onduidelik waar die kind se ouers was ten tyde van die voorval en dit sal deel vorm van die ondersoek, het Mdleleni gesê.

’n Saak van moord word ondersoek en alle leidrade word opgevolg.

Die polisie het intussen die gemeenskap gevra om ook met inligting na vore te kom wat die polisie in hul ondersoek kan help.

Die Queenstown-polisiekantoor kan by 045 808 6029 gebel word, óf skakel die Stop Misdaadnommer by 08600 10111.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Komani  |  Misdaad  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.