Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meisie (6) in kop getref toe bendes skiet

“My ma het nog haar kos uitgeskep en dit in die mikrogolfoond gebêre, min wetende dat sy nie huis toe kom nie,” sê Desiree Judde oor haar susterskind, Robinesia Joko (6).

Robinesia was Maandag op pad huis toe van haar skool in Rivierview, Worcester, waar sy in die preprimêre klas is.

Robinesia Joko (6) is Maandag in Avianpark deur bendes in haar kop raakgeskiet. Foto: Verskaf

Sy het agter in die Hyundai-minibussie gesit toe sy ten aanskoue van haar skoolmaats in haar kop raakgeskiet is.

Die bussie, wat as skoolvervoer gebruik word, het midde in die koeëlreën van strydende bendes, die Junior Cisko Yakkies (JCY’s) en die Uitbyters, in Avianpark, Worcester, beland.

Robinesia is per helikopter na die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad geneem.

“My suster het gesê die dokters het die koeël uitgehaal. Sy is nog in ’n koma. Haar brein is ook geswel en daar is nog baie bloeding,” sê Judde.

Sy sê dat sy en ander familielede gaan later Dinsdag Kaapstad toe ry om haar suster by te staan.

Die polisie het die skietvoorval bevestig. Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê dat vier vermeende bendelede, glo almal van die Uitbyters, Maandag in hegtenis geneem is.

Een van die vermeende bendelede is glo ’n 29-jarige voormalige polisielid wat op die polisie geskiet het.

Van Wyk sê die voorval het omstreeks 15:30 in Avianpark gebeur. Die polisie het op ’n klag van bendegeweld tussen die JCY’s en die Uitbyters reageer toe daar op hulle geskiet is. Volgens Van Wyk sal die mans op aanklagte van poging tot moord, die onwettige besit van ’n vuurwapen en die rig van ’n vuurwapen in die landdroshof in Worcester verskyn sodra hulle aangekla is.

Een van die mans is met ’n tuisgemaakte vuurwapen in sy besit aangekeer.

Meer oor:  Worcester  |  Bendegeweld  |  Skietery  |  Bendes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.