Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meisie (6) in skietery dood terwyl sy buite speel

’n Ses jaar oue meisie is Saterdag in die hospitaal dood nadat sy en ’n 24-jarige man die oggend in Lavender Hill, Kaapstad, geskiet is.

Die kind het glo buite gespeel toe sy deur ’n dwaalkoeël getref is.

Die Steenberg-polisie ondersoek ’n saak van moord en poging tot moord nadat die skietvoorval om 09:50 aangemeld is.

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, het Sondag bevestig dat onbekende aanvallers op die man geskiet het en die kind toe ook raakgeskiet is.

“Albei slagoffers is na die hospitaal geneem, waar die kind later aan haar wonde beswyk het.”

Speurders volg nou die leidrade op om die aanvallers voor te keer, sê Rwexana in ’n verklaring.

Op sosiale media en in die plaaslike media is daar beweer dat die meisie by die hek voor haar huis met ’n springtou gespeel het toe die koeël haar getref het.

Meer oor:  Lavender Hill
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.