Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meisie (7) sterf ná sy ernstig in koeëlreën gewond is

Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek ’n saak van dubbele moord nadat ’n 31-jarige man en sewejarige meisie Dinsdagaand in Ocean View in Kaapstad doodgeskiet is.

Brig. Novela Potelwa, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie moes tussenbeide tree nadat twee bendes in Libraweg in Ocean View oor en weer op mekaar geskiet het.

“Toe die polisie op die toneel aankom, het hulle gesien die meisie is geskiet en ernstig gewond. Sy is na die Valsbaai-hospitaal geneem, maar sy is dood nadat sy by die hospitaal aangekom het.”

Sy sê die skare wat intussen op die toneel saamgedrom het, het die polisie begin aanval, wat daartoe gelei het dat die polisie se openbare-orde-eenheid (Pops) en eenheid teen bendegeweld na die toneel ontbied is.

“Nadat die polisie die situasie ontlont het, het hulle ontdek dat ’n 31-jarige man ook in die oor-en-weer-skietery tussen die bendes doodgeskiet is.”

Potelwa sê speurders ondersoek albei sake, terwyl hulle ook die identiteit van die 31-jarige man probeer vasstel.

Sy het ’n beroep op enigiemand met inligting gedoen om die polisie se 10111-noodnommer te skakel.

Die situasie in Ocean View is Woensdagoggend kalm en rustig, terwyl die polisie die gebied patrolleer.

Meer oor:  Ocean View  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.