Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meisie en vrou vas wat baba ontvoer

Die polisie in KwaZulu-Natal het ’n tienermeisie en ’n jong vrou in hegtenis geneem nadat hulle glo ’n baba in Umzimkhulu ontvoer het.

Die vier dae oue baba is glo deur die tienermeisie (17) en jong vrou (20) gevat wat vir die ma ’n saamrygeleentheid van die hospitaal aangebied het.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die tienermeisie en jong vrou het die ma Maandag bevriend nadat sy ná die geboorte van haar babaseun ontslaan is.

“Terwyl sy in die hospitaal was, is sy deur twee vroue genader wat voorgegee het dat hulle ’n familielid in die kraamafdeling besoek het. Hulle het aangebied om saam met haar by die hospitaal te vertrek, omdat hulle ook na die Umzimkhulu-sakekern sou gaan. In die dorp het die twee die baba gehou terwyl die ma badkamer toe gegaan het,” sê Gwala.

“Toe die ma terugkeer, was die vroue met haar baba weg. Sy het die voorval by die Umzimkhulu-polisie aangemeld en ’n saak van ontvoering is geopen.”

Gwala sê die vroue is twee dae later in hegtenis geneem.

“ ’n Intensiewe ondersoek het die span ondersoekbeamptes na Mfulamhle gelei, waar die twee vroue en baba gevind is. Die verdagtes is onmiddellik gearresteer,” sê Gwala.

Die twee verdagtes het Donderdag in die hof verskyn. Die 17-jarige is in haar ouers se sorg vrygelaat.

Meer oor:  Baba  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.