Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meisie in Mosselbaai dood in aanval op straat

’n Meisie (17) van Mosselbaai is Sondagoggend vroeg vermoor toe drie mans haar en haar vriend op straat beroof het.

Sy en haar vriend het glo omstreeks 02:40 in Dywilistraat, Aslapark, gestap toe drie onbekende mans hulle voorkeer.

Hulle het die meisie en haar vriend aangeval en beroof, sê kapt. Malcolm Poje, polisiewoordvoerder.

“Hulle het weerstand probeer bied en een van die booswigte het blykbaar die meisie met ’n piksteel teen die kop geslaan. Sy is kort daarna op die toneel dood,” het Poje gesê.

Sy is as Michaela Booysen (17) geïdentifiseer.

Poje sê dit lyk of Michaela se vriend doofstom is en dit het vermoedelik die kommunikasie bemoeilik tydens die voorval.

Die vriend is nie in die voorval beseer nie.

Ondanks verskeie gerugte dat net ’n paar skoene van Michaela weg is, kon Poje nie Maandag bevestig wat presies in die voorval geroof is nie.

Dit was ook nie onmiddellik duidelik waarheen die twee op pad was toe hulle oorval is nie.

Poje sê ’n moordsaak word ondersoek.

Niemand is teen Maandagmiddag in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Mosselbaai  |  Aanval  |  Dood  |  Misdaad  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.