Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meisie van Springs in ouerhuis doodgesteek
Gerald Theron kan die polisie moontlik help met hul ondersoek na die dood van sy stiefsuster. Foto: Facebook

Die polisie is op soek na Gerald Theron van Springs wat hulle met inligting kan help rakende die dood van sy stiefsuster, Rosemary.

Rosemary is Woensdagmiddag met ’n mes in haar ouerhuis doodgesteek.

Anita Verster, wat oorkant die huis in Rhodesstraat, Springs, woon waar die moord gepleeg is, sê sy het Woensdag om 12:00 by haar huis aangekom en ’n vrou hoor skree.

“Ek het uitgehardloop en ’n histeriese vrou aangetref. Die vrou het gesê haar dogter is in die nood en sy kan nie by die erf inkom nie.”

Die gemeenskapspolisiëringsforum is ontbied, maar Rosemary is op die toneel dood.

Die polisie ondersoek die saak.

Verdere besonderhede sal binnekort bekend gemaak word.

Meer oor:  Gerald Theron  |  Springs  |  Moord  |  Doodgesteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.