Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meisies spring glo handel in mense vry

’n Tienermeisie was “baie bang”, maar dit gaan reeds beter met haar nadat sy vermoedelik deur ’n tradisionele geneesheer bedwelm is wat voorgegee het sy kan haar bevry van die “ongeluk” wat haar so ry.

Toe die 15-jarige besef sy is bedwelm, het sy haar niggie in ’n video-oproep gebel, het ’n pa van Boksburg aan die Oos-Rand die afgelope week vertel. Dit het moontlik gekeer dat sy en haar vriendin slagoffers van mensehandel word.

Die pa sê sy dogter het ná ’n begrafnis met die tradisionele geneesheer in verbinding gekom. Dié het glo per e-wallet (’n elektroniese betaalmetode) geld oorbetaal waarmee die meisie en haar vriendin vroeg in April na Boskruin in die noordweste van Johannesburg gereis het.

Toe hulle daar kom, het die meisie ’n PIN van hul ligging aan haar niggie gestuur. ’n Ruk later het sy die video-oproep gemaak. Die niggie kon sien iets skort en het die pa dadelik in kennis gestel. Hy het na die huis gejaag. Daar het hy van die hek af vir ’n vrou gevra of sy dogter binne is.

'Hierdie mense gee voor dat hulle tradisionele geneeshere of profete is.'

Kapt. Balan Muthan, polisiewoordvoerder, sê die vrou het eers ontken daar is enige kinders op die perseel, maar ná ’n woordewisseling is sy terug in die huis in. Oomblikke later het die meisies uit die huis gekom.

Voordat hulle by die hek was, het albei inmekaargesak. Die vrou het die sleutels bo-oor die hek gegooi en die pa kon die hek oopsluit en by die kinders uitkom. Hy het die polisie ontbied, wat die vrou in hegtenis geneem het. Paramedici het albei meisies behandel voordat hulle na ’n hospitaal gebring is.

Die pa was die afgelope week steeds woedend vir die vrou wat hy glo sy kind vir mensehandel wou gebruik het.

“Hierdie mense gee voor dat hulle tradisionele geneeshere of profete is. Sy het telefonies vir my dogter gesê die ongeluk ry haar en dat sy vir haar kan bid. Hoe betaal iemand geld aan ’n kliënt oor?” wil die pa weet.

Muthan sê die polisieondersoek duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.