Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meld drankverkopers aan wat wet oortree
Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid. Foto: Jonathan Lestrade

Die Wes-Kaapse regering het ’n beroep op inwoners gedoen om drankverkopers aan te meld wat die wet oortree.

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, sê tussen 27 Maart en 23 Oktober het die Wes-Kaapse drankowerheid (WCLA) 196 drankverkopers vir die oortreding van die Rampbestuurswet ondersoek.

Van die 196 ondersoeke is 83 artikel 71-sake op die sakerol van die Dranklisensiëringstribunaal geplaas.

Van dié gevalle wat ondersoek is, is 49 verkopers se lisensies opgeskort, 23 aansoeke van die hand gewys en 11 aansoeke is nog hangend.

Van die 49 lisensies wat opgeskort is, het 49 tugverhore plaasgevind.

Uit die verhore is een lisensie ná die afhandeling van ’n artikel 20-oorweging ingetrek, terwyl die Dranklisensiëringstribunaal 46 skorsings opgehef het.

Een skorsing is in die Wes-Kaapse hooggeregshof en een as deel van ’n interne proses van die appèltribunaal opgehef.

“65 Covid-19-verwante artikel 20-aangeleenthede is aan die dranklisensiëringstribunaal gestuur, waarvan een lisensie ingetrek is en vyf aansoeke van die hand gewys is, terwyl lisensiehouers in drie sake strenger voorwaardes ontvang het. Nog drie lisensies is opgeskort,” het Fritz gesê.

Volgens hom is boetes van R1 95 220 in 17 gevalle uitgereik, waarvan R1 031 220 vir 24 maande opgeskort is op voorwaarde dat die lisensiehouer nie weer in dié tydperk die wet oortree nie en die lisensievoorwaardes nakom.

Die LUR sê 36 sake is ook steeds hangend.

Fritz het ’n beroep op die publiek gedoen om klagte by die polisie of drankowerheid in te dien indien hulle bewus is van oortredings wat drankverkope betref.

Meer oor:  Koronavirus  |  Drankverkopers  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.