Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Meld misdaad aan – selfs die kleinste voorvalle’

Die polisie in Port Elizabeth het weer eens ’n beroep op inwoners gedoen om misdaad – maak nie saak hoe klein nie – by polisiekantore aan te meld.

Die versoek volg nadat ’n verdagte Vrydagoggend tydens ’n sakeroof in hegtenis geneem is en met ’n selfoon en bankkaart, wat nie aan die verdagte behoort nie, in sy besit gevind is.

Volgens kapt. Johan Rheeder, polisiewoordvoerder, het die rower omstreeks 04:30 by ’n vulstasie se winkel in Rinkstraat in die stad toegeslaan.

Na verneem word het die werker in die winkel die paniekknoppie gedruk oomblikke nadat die rower die deur afgeskop en toegang tot die winkel verkry het.

Rheeder sê ’n veiligheidsmaatskappy het onmiddellik gereageer en die rower in die winkel vasgetrek.

Die bankkaart en selfoon, wat nie aan die verdagte behoort nie, kan volgens Rheeder weer aan die eienaar terugbesorg word. Hy meen daar is egter geen diefstalsaak in verband met die vermiste bankkaart en selfoon aangemeld nie en die verdagte kan nie met ander misdade verbind word nie.

“Dit is uiters belangrik vir slagoffers van misdaad, maak nie saak hoe klein of groot nie, om altyd die voorval by die polisie aan te meld.

“Sonder sake kan misdadigers nie aan ander sake verbind word nie,” waarsku Rheeder.

Meer oor:  Aanmeld  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.