Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Melkkopers’ rand man van Bloemspruit aan, beroof hom

’n Man van Bloemspruit buite Bloemfontein is Vrydagoggend aangerand en beroof deur vyf mense wat voorgegee het dat hulle melk by hom wou koop.

Die vyf mense, onder wie ’n vrou, het omstreeks 08:00 by Johannes van Zyl (63) se huis opgedaag en daarop aangedring om by hom melk te koop.

Volgens inligting was van die mense die vorige dag ook op Van Zyl se kleinhoewe om melk te koop, maar hy was nie daar nie. Hulle wou nie die melk by sy werkers koop nie en het gesê hulle sal terugkom.

Van Zyl is die buurman van die vermoorde Anna Herbst (61), wat elke week van Donderdag tot Saterdag pannekoek by die D&J Vleis-slaghuis in Genl.

Hulle wou nie die melk by sy werkers koop nie en het gesê hulle sal terugkom.

De Wet verkoop het. Hy het op 7 Julie alarm gemaak toe hy sien Herbst se huis is aan die brand.

Drie jong mans het Herbst, bekend as die “pannekoek-tannie” van Bloemfontein, glo vir haar pannekoek-geld vermoor. Hierna het hulle glo haar lyk aan die brand gesteek om die moord te verbloem.

Konst. Peter Kareli, polisiewoordvoerder, sê ’n wit VW Polo het Vrydag voor Van Zyl se kombuisdeur gestaan.

’n Vrou het uitgeklim en gevra om melk te koop.

Volgens ’n bron wat op die toneel was, het die verdagtes aangedring om melk by Van Zyl self te koop nadat hy eers ’n werknemer gevra het om hulle te help.

Die vrou het glo gesê hulle is haastig en die kinders is honger.

Kareli sê toe Van Zyl uitgaan om na die koelkamer te gaan, is hy oorval en saam met ’n werker in die motorhuis toegesluit.

Volgens Kareli is Van Zyl met ’n vuurwapen aangerand en het die rowers twee vuurwapens, ’n onbekende bedrag geld, juwele en 6 liter melk gebuit.

Volgens inligting het die rowers Van Zyl ook geblinddoek en vasgebind.

Die Bloemspruit-polisiekantoor ondersoek ’n saak van roof met verswarende omstandighede.

  • Enigeen met inligting wat die polisie kan help of wat die motor gewaar, word gevra om speurkapt. Mohlouwa Tsolo te bel by 082 854 7532 of die polisie se noodnommer – 08600 10111 – te skakel.
Meer oor:  Anna Herbst  |  Bloemfontein  |  Bloemspruit  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.