Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
NUWE FOTO'S: 1 dood, 2 polisielede gewond in skietery

Twee polisielede is per helikopter na ’n hospitaal vervoer ná ’n skietery Woensdagoggend naby die Tshwane-distrikshospitaal.

Volgens Xander Loubser, woordvoerder van die Best Care-ambulansdiens, was die skietery tussen polisielede en verdagtes.

Loubser het aan Netwerk24 gesê daar is noodlottige en kritieke beserings op die toneel. 

Die polisie sal na verwagting binnekort met die media praat op die toneel waar die skietvoorval Woensdagoggend was, het kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder,  Woensdagmiddag aan Netwerk24 gesê.

Die polisie sal hier meer inligting gee oor wat tot die skietery tussen die polisie en verdagtes naby Tshwane-distrikhospitaal gelei het.

Xander Loubser, woordvoerder van die Best Care-ambulansdiens, sê die nooddienste is omstreeks 10:45 na die toneel ontbied.

Een van die verdagtes is volgens Loubser dood en twee polisielede is per helikopter na 'n hospitaal vervoer.

Daar is nie in dié stadium nog inligting bekend nie. Volg Netwerk24 vir meer inligting later.

Die toneel waar die skietery plaasgevind het. Foto: Verskaf
skietery
Die toneel waar die skietery plaasgevind het. Foto: Deaan Vivier
skietery
Die polisie sal die media binnekort naby die toneel toespreek. Foto: Deaan Vivier
polisie
Die polisie ondersoek die toneel. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.