Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Mense in Bloem sonder krag ná kabeldiefstal

Inwoners van die suidelike voorstede van Bloemfontein wat al sedert Donderdag sonder krag sit, is nou behoorlik moedeloos.

Die kragonderbreking word toegeskryf aan kabeldiefstal by een van Centlec se kragsentrales.

Woonbuurte soos Langenhovenpark, Kenilworth, Parkwes en Kwaggafontein is almal sedert Donderdagaand sonder krag.

Pieter Buys, een van die inwoners, sê hy het die kragonderbreking teen 22:30 Donderdag by Centlec aangemeld.

“Hulle het toe gesê daar is ‘fout met die kabel’, maar hulle het nie genoeg personeel beskikbaar om die fout reg te stel nie.”

Teen Vrydagmiddag was dié inwoners steeds sonder elektrisiteit.

Buys sê verder Cam Security het op hul kameras gesien hoe daar ’n poging was om die kabels te steel by die kragstasie by Makro in Kwaggafontein. Dit was in daardie voorval dat die kabel beskadig is.

Luidens ’n verklaring wat Donderdagaand uitgereik is, sou die herstelwerk net twee uur duur.

Centlec het nie op navrae gereageer oor die oorsaak van die onderbreking nie en kon ook nie bevestig wanneer die probleem herstel sal wees nie.

Inwoners van Bethlehem in die Vrystaat is ook Vrydag sonder krag gelaat nadat die kragtoevoer ná ’n sarsie beurtkrag nie herstel is nie.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Kabeldiefstal  |  Krag  |  Kragstasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.