Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Mensehandel: Slagoffer se familie glo betrokke

’n Ma en haar dogter van Heidelberg in Gauteng is in hegtenis geneem nadat hulle glo ’n minderjarige kind aan ’n mensehandelsindikaat probeer verkwansel het.

’n Spesiale taakmagspan van die polisie het die 13-jarige meisie Dinsdag gered voordat sy regtig verkoop kon word.

Lt.kol. Philani Nkwalase, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes, tussen die ouderdom van 36 en 57, is stieffamilie van die kind.

“Wat nogal ontstellend is in hierdie situasie, is dat bevind is dat familielede betrokke was by ’n beweerde misdaad teen een van hul eie,” het Nkwalase gesê.

Volgens ’n ingeligte bron woon die kind saam met haar pa en dié se meisie.

Dit is dié meisie en haar ma wat glo besluit het om die kind te verkoop.

Wat nogal ontstellend is in hierdie situasie, is dat bevind is dat familielede betrokke was.
Polisiewoordvoerder

Hulle het glo vooraf navraag gedoen oor wie daarin belang sal stel om ’n kind te koop.

Die polisie het ’n wenk gekry oor die beweerde transaksie en besluit om ’n lokval te stel.

Nkwalase sê in sy verklaring die verdagtes het na bewering saamgesweer om die kind vir R40 miljoen aan ’n sindikaat te verkoop.

Die lokval is gelei deur ’n span wat bestaan het uit die Valke, lede van die polisie in Vanderbijlpark en die eenheid teen gesinsgeweld en seksuele misdrywe in Vaalrand.

’n Tyd en plek is gereël naby Heidelberg. Nadat die “transaksie” beklink is, het die polisie die ma en haar dogter in hegtenis geneem.

Verder is ook beslag gelê op R30 000 en elektroniese toerusting, sê die polisie in hul verklaring.

Die kind is na ’n plek van veiligheid geneem.

Volgens Nkwalase sal die twee verdagtes na verwagting Donderdag in die landdroshof in Heidelberg verskyn op aanklagte van mensehandel, sameswering om ’n minderjarige te verkoop vir seksuele uitbuiting, ontvoering en die diefstal van ’n kind.

Meer oor:  Heidelberg  |  Gauteng  |  Ma En Dogter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.