Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Mensejag in Limpopo ná vermeende polisie-moordenaar ontsnap

Die polisie in Limpopo het Vrydag ’n mensejag begin vir ’n man wat na bewering ’n 57-jarige polisielid in die polisieselle vermoor en ontsnap het.

Die polisie sê in ’n verklaring die betrokke lid in Mutale, buite Thohoyandou, het gereeld die selle besoek. Hy is verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek.

Luidens ’n verklaring het die man wat ontsnap het na bewering die polisielid se sleutels gevat en geld uit ’n kluis gesteel voordat hy gevlug het.

Nyadzani Muvhuso Foto: SAPS

Die man is glo al voorheen in verband met ander misdade aangekeer en Vrydag in verband met klagte van verkragting, ontvoering en die oortreding van ’n beskermingsbevel in hegtenis geneem.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiehoof, het ’n 72-uur-plan om die vermeende moordenaar vas te trek aangekondig.

’n Saak van moord, roof en die ontsnap uit wettige aanhouding word ondersoek.

Die polisie het ’n beroep op Nyadzani Muvhuso gedoen om by die polisiekantoor in Mutale of die naaste polisiekantoor aan te meld omdat hy glo bystand in die ondersoek kan bied. ’n Foto van Muvhuso is deur die polisie uitgereik.

Enigiemand met inligting word versoek om kol. Chris Mabasa by 082 469 0739 of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak of dit by hul naaste polisiekantoor aan te meld.

Meer oor:  Limpopo  |  Verdagte  |  Ontsnap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.