Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Mensejag ná 3 mans by Klerksdorp doodgeskiet is

Die polisie in Kanana, buite Klerksdorp, is op soek na die aanvallers wat drie mense Vrydag doodgeskiet het waar hulle by ’n huis gekuier het.

Polisielede wat die aand in die Chris Hani-afdeling gepatrolleer het, het die skote gehoor en gaan ondersoek instel, luidens ’n verklaring van die polisie in Noordwes.

Toe hulle by die huis aankom, het hulle afgekom op twee mans met skietwonde wat in ’n bloedplas gelê het. Die derde man het glo probeer vlug en is buite met ’n skietwond in sy bors gevind.

Volgens die polisie is die slagoffers tussen 25 en 30 jaar oud.

Lt.kol. Amanda Funani, provinsiale polisiewoordvoerder, het Saterdagaand gesê die mans se name is nog nie bekendgemaak nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die motiewe vir die skietvoorval is onbekend.

Lt.genl. Baile Motswenyane, polisiekommissaris vir Noordwes, het die voorval veroordeel en ’n beroep op die gemeenskap gedoen om die polisie by te staan om die aanvallers uit te ken en aan te keer.

Enigiemand met inligting oor die voorval en die aanvallers, word versoek om sers. Ignus van Heerden van die Kanana-polisiekantoor by 018 476 1115 te bel.

Meer oor:  Klerksdorp  |  Skiet  |  Misdaad  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.