Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Metro-ondersoek ná meisie se ongeluk
Die 13-jarige Bianca Jenkinson se neus is gebreek nadat sy deur ’n motorfiets getref is toe ’n munisipale werker haar glo met ’n onkruidsnyer gejaag het.

’n Leerling van die Laerskool Totiusdal is Saterdagoggend deur ’n afleweringsmotorfiets getref toe ’n munisipale werker haar glo met ’n onkruidsnyer in aankomende verkeer gejaag het.

Volgens Bianca Jenkinson (13) van Villieria, in die Pretoriase Moot, het haar pa haar en haar sussie en een van hul maats Saterdagoggend na die naaste kafee gestuur om “melk en sweeties” te koop.

“Die werkers was besig om gras te sny op die sypaadjie, op die hoek van Nico Smith-straat en 29ste Laan. Ons het hulle gevra om asseblief net op te hou sodat ons gou kan verbyloop. Ek onthou nie veel van wat toe gebeur het nie. Wat ek wel onthou, is dat ek vir my sussie gesê het ek is bang,” sê Bianca.

Volgens Jenny Wilson, haar ouma, lyk dit of haar kleinkind in een helse kroeggeveg betrokke was.

“Behalwe dat haar neus gebreek is, is haar hele lyfie ook vol skraapwonde soos wat sy op die teer geval het.

“Bianca se sussie en haar vriendin het vir ons vertel hoe die werker haar met die onkruidsnyer in die verkeer ingejaag het. Die vriendinnetjie het toe al gillend in die pad ingehardloop om ander voertuie te keer sodat hulle nie ook oor Bianca ry nie.

Bianca Jenkinson het skraapwonde oral op haar lyf.

“Die Here was regtig daar vir my kleinkind. Motoriste en taxi’s jaag altyd verskriklik op daardie pad.

“Dis net ’n wonderwerk dat ’n ander voertuig nie ook nog oor haar gery het nie,” sê Wilson.

Volgens haar het ’n motoris wat die ongeluk gesien het, stilgehou en die werkers gekonfronteer. Hy het ook die polisie en nooddienste na die toneel ontbied.

“Volgens die ooggetuie het die werkers ná die ongeluk net op die sypaadjie gestaan. Nie een van hulle het gaan kyk of my kleinkind beseer is nie, sê Wilson.

“Sedert die ongeluk slaap ek én Bianca sleg. ’n Berader het met ons kom gesels, maar dit sal seker nog ’n tydjie neem vir die skok om weg te gaan.”

Volgens Lindela Mashigo, woordvoerder van die Tshwane-metro, is daar ’n saak by die polisie ingedien.

Die munisipale werkers wat glo by die voorval betrokke was, sal hul verklarings aan die ondersoekbeampte gee.

“Ons is verskriklik bekommerd hieroor. Ons het ook ’n interne ondersoek begin, wat saam met die strafregtelike ondersoek gedoen sal word,” sê Mashigo.

Meer oor:  Metro Beeld-Noord  |  Ongeluk  |  Motorfiets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.