Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Metropolisie-lid vermoor in sy motor gevind

Die lyk van ’n beampte van die Nelson Mandelabaai-metropolisie is Vrydagoggend in sy motor aangetref toe polisiebeamptes van die Kamesh-polisiekantoor in Uitenhage ondersoek instel by ’n verlate motor.

Die 30-jarige beampte is toegedraai in ’n duvet op die voorsitplekke van sy silwerkleurige Volkswagen Polo aangetref.

Sy keel is afgesny.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die polisie is omstreeks 08:45 na die verlate motor in Tembanistraat, Langa, in Uitenhage uitgeroep waar hulle die beampte ontdek het.

Die aanvanklike ondersoek dui daarop dat niks gesteel is nie.

Na verneem word sou die slagoffer Vrydagaand vir die aandskof aanmeld.

Teen Vrydagmiddag vroeg was dit nog onduidelik wanneer laas hy lewend gesien is, aangesien die polisie nog na die slagoffer se broer, wat glo saam met hom in KwaNobuhle gewoon het, op soek was.

Yolande Faro, metropolisiehoof, het in reaksie gesê die dood van ’n metropolisiebeampte is nie net ’n verlies vir hul eenheid nie, maar vir die gemeenskap in geheel.

Die polisie het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om met enige inligting rakende die moord navore te kom deur vir speur-ao. Marlon van Heerden te bel by 061 949 0122, of die Kamesh-polisiekantoor by 041 988 8722.

Meer oor:  Uitenhage  |  Vermoor  |  Motor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.