Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Metropolisie waarsku mense wat beamptes aanval
Yolande Faro, Nelson Mandelabaai-metro se metropolisiehoof. Foto: Son

Die metropolisie van Nelson Mandelabaai sal dit nie langer duld dat sy beamptes aangeval word nie, sê Yolande Faro, metropolisiehoof, in ’n verklaring.

Dit volg nadat ’n metropolisiekonstabel die afgelope week aangeval is terwyl hy ’n boete uitgeskryf het.

Een van hul konstabels was in Betramweg waar motors die pad versper het.

“Hy het hulle gevra om te skuif, maar hulle het nie gehoor gegee nie.”

Die beampte was glo besig om ’n boete uit te skryf toe ’n rusie tussen hom en die motoris ontstaan.

Die motoris het glo die beampte gestamp terwyl die beampte met sy rybewys na sy patrollievoertuig gestap het.

Toe ’n skare daar begin saamdrom, het die beampte ’n noodoproep vir bystand gemaak en weggery.

“Die verdagte, wat steeds probeer het om sy rybewys terug te kry, is van die patrollievoertuig weggestoot,” lui die verklaring.

Metropolisiebeamptes wat op die noodoproep gereageer het, het die skare as vyandig bestempel en alle beamptes het aan die toneel onttrek.

Faro sê geen boetes is uitgereik nie.

Verskeie sake, wat onder meer aanranding insluit, is deur die metropolisiebeampte by die Bethelsdorp-polisiekantoor aangemeld.

Dit was glo die tweede voorval die afgelope week waarin ’n beampte aangeval is.

Volgens adv. Keith Meyer, hoof van veiligheid in die metro, is twee verkeersbeamptes Maandagmiddag aangeval terwyl hulle aan diens was. ’n Dienspistool is in die voorval gesteel.

Meer oor:  Nelson Mandelabaai  |  Motoriste  |  Metropolisie  |  Aanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.