Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Metropolisielid gekaap, doodgeskiet

’n Lid van die Johannesburg-metropolisie (JMPD) is voor sy huis gekaap en ’n ent van daar by ’n hostel doodgeskiet en uit sy voertuig gegooi.

Neo Sepuru (26) Foto: Verskaf

Die voorval het Woensdag omstreeks 20:00 buite Neo Sepuru se huis in Dube Village, Soweto, gebeur.

Xolani Fihla, JMPD-woordvoerder, skryf in ’n verklaring die mans wat Sepuru gekaap het, het vermoedelik nog ’n voertuig in die omgewing geroof.

Fihla het Donderdag gesê die kapers het Sepuru buite sy huis in Dube genader, by hom in sy Hyundai i20-voertuig geklim en met hom na die Jabulani-hostel gery. Dis waar hulle hom geskiet het.

Die kapers het Sepuru se uniform, sokkies en stewels uitgetrek voordat hulle hom uit die voertuig gestoot en twee keer van agter af geskiet het.

Die gekaapte voertuig is nie ver van waar Sepuru gevind is nie aan die brand gesteek.

’n Moordsaak is by die Jabulani-polisiekantoor geopen.

“Die bestuur van die JMPD is geskok en hartseer oor Sepuru se dood. Ons innige meegevoel aan sy familie,” lui die verklaring.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Soweto  |  Metropolisie  |  Doodgeskiet  |  Gekaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.