Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Metrorail-treine staan stil weens vandalisme

Sowat 27 van Metrorail se treine is weens vandalisme buite diens.

Weens dié skade wat sedert Sondag op die Kaapse Vlakte aan die treinspoornetwerk aangerig is, kan pendelaars vertragings van langer as twee uur verwag.

“Kabeldiewe het Sondag probeer om kritieke infrastruktuur, ’n 5 m lange kabel, by Soutrivier te steel. Dit het ’n kragstuwing veroorsaak wat die beheerkamer en komponente daarin beskadig het. Die kragtoevoer is ook onderbreek,” het Riana Scott, Metrorail-woordvoerder, Dinsdag gesê.

Volgens Scott het vandale Maandagoggend weer toegeslaan en kabels tussen Kentemade en Ysterplaat, asook tussen Hazendal en Langa gevandaliseer en gesteel.

“Daarom kon verskeie sinjale nie werk nie en is talle spoorlyne beïnvloed,” sê sy.

Metrorail sê amper al die spoorlyne in Kaapstad word geraak, veral die Simonstad- en Kaapse Vlakte-lyne.

Scott sê gevolglik moet hul diens ingekort word. Volgens haar moes hulle buitengewone maatreëls instel sodat hulle steeds ’n diens aan pendelaars kan lewer. Dit sluit in stop-ry-handseine, bykomende snelheidsperke, verskeie roete-afwykings, platformveranderings en die kansellasie van treine om beskikbaarheid op die betrokke lyne te skep.

“Dié alternatiewe bedryfsmetodes is veilig, maar verleng onvermydelik die duur van ritte met minstens 40 tot 120 minute afhangende van die maatreëls wat toegepas word.”

Volgens Metrorail werk sy tegnici onverpoos om soveel as moontlik van die skade te herstel. Dit kan na verwagting 48 uur duur voordat treindienste ten volle herstel is.

Meer oor:  Metrorail  |  Kaapstad  |  Vandalisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.