Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meyiwa se broer ‘angstig’ oor meesterbrein nog vryloop
Sifiso Meyiwa, broer van Senzo Meyiwa, Maandag op ‘n nuuskonferensie oor die polisie se deurbraak in die moord van die voormalige Bafana Bafana-kaptein.Foto: AfriForum
Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, op die nuuskonferensie. Foto: AfriForum

Sifiso Meyiwa is geskok dat die meesterbrein agter sy broer, die voormalige Bafana Bafana-kaptein Senzo Meyiwa, se moord nog op vrye voet is.

“Ek is angstig dat die meesterbrein nog nie in hegtenis geneem is nie,” het Sifiso Maandag op ’n nuuskonferensie van AfriForum aan joernaliste erken.

Vyf mense is Maandagoggend in KwaZulu-Natal en Gauteng in verband met die moord op Meyiwa in hegtenis geneem – op die dag (26 Oktober 2014) presies ses jaar gelede in ’n huis in Vosloorus aan die Oos-Rand.

Die verdagtes verskyn Dinsdag in die landdroshof in Boksburg.

Een van die vyf wat aangekeer is, het vermoedelik die sneller getrek wat tot Meyiwa se dood gelei het.

Sifiso het die polisie en AfriForum, wat in 2019 deur die Meyiwa-familie by die ondersoek betrek is weens ’n oënskynlike gebrek aan vordering, vir hul aandeel in die saak bedank.

“AfriForum se betrokkenheid by hierdie saak het onder meer gelei tot die verskuiwing van die saak vanaf die direkteur van openbare vervolging (DOV) in Johannesburg na die DOV in Pretoria, wat beteken het dat uiteindelik op die sleutelelemente van die saak gefokus kon word. Die privaatondersoekeenheid het ook hul ontevredenheid met die samestelling van die SAPD-ondersoekspan onder die aandag van polisiebestuur gebring.

Ek is angstig dat die meesterbrein nog nie in hegtenis geneem is nie.

Nadat sekere veranderinge in die span aangebring is, kon die ondersoek vorder,” het adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, gesê.

Nel het ook sy verbasing uitgespreek dat die polisie nog nie bekendgemaak het dat Meyiwa in ’n sluipmoord dood is, en nie in ’n rooftog wat verkeerd geloop het nie. “Daar sit ’n meesterbrein agter die sluipmoord wat nog nie vasgetrek is nie,” het Nel gesê. “Hierdie is net die begin, ons gaan die saak fyn dophou.”

Sifiso het gesê daar lê nog ’n lang pad voor voordat geregtigheid sal geskied. “Ek sal eers tevrede wees as die meesterbrein ook gevang is. Ek is gereed om die persoon in die oë te kyk,” het hy gesê.

Meer oor:  Gerrie Nel  |  Afriforum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.