Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Michells Plain vergader met Cele oor bendes

Gemeenskapspolisiëringsforums in die Mitchells Plain-groepering het Maandag samesprekings gevoer met Bheki Cele, die minister van polisie, om bendegeweld op die Kaapse Vlakte vas te vat.

Strandfontein-GPF-voorsitter, Sandy Schuter, het haarself in misdaadtoneelband toegedraai. Foto: Verskaf

Polisiëringsforums in die bendegeteisterde woonbuurte eis onder meer hulpbronne en ’n plan van aksie om bendes vas te vat en woonbuurte te beveilig.

GPF-lede en buurtwagte het Sondag voor die Wes-Kaapse polisie se hoofkantoor saamgedrom om hul misnoeë te kenne te gee oor bendegeweld en geweldsmisdaad nadat hul eise vir hulpbronne op dowe ore geval het.

Strandfontein se GPF-voorsitter, Sandy Schuter, een van die betogers, het misdaadtoneelband om haar lyf gedraai as deel van haar pleidooi.

Schuter sê inwoners word gevangene gehou deur bendes wat nie skroom om onskuldige lewens te neem nie.

“Ek het myself in die misdaadtoneelband toegedraai omdat dit die toneel is wat gemeenskappe in ons buurt elke dag sien. Hulle word wakker en gaan slaap met die geel misdaadtoneelband wat oral pronk om misdaadtonele af te sper. Daar is nêrens vrede en harmonie nie,” het Schuter gesê.

“Ons mense word gevangene gehou deur misdaadtoneelband. Daarom vra ons dat die weermag ingebring word om polisielede by te staan, nie om oor te vat nie.”

Sy sê die Vlaktes se mense gee nie om oor binnegevegte in die polisiebestuur nie.

“Ons is in die kloue van ’n oorlog en ons soek dringend hulp. Die polisie hier het hulpbronne nodig om die geveg teen bendes te wen,” het sy gesê.

Abie Isaacs van Mitchells Plain het versoek dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) deel moet uitmaak van die plan om bendegeweld te bekamp.

Lede van polisiëringsforums en buurtwagte het Sondag voor die Wes-Kaapse polisie se hoofkantoor saamgedrom in opstand teen geweld. Foto: Verskaf

“Ons vra dat die MRK moet ingryp en help met oplossings. Ons kan nie alleen kla nie, die kommissie moet hand bysit om die regering op hoogte te hou.”

Isaacs sê daar is nie genoeg ondersteuningsdienste vir polisiemanne op kantoorvlak nie.

“Die mense wat ons moet beskerm, het self ook beskerming nodig. Hulle gaan gebuk onder die geweld en ons kan nie toekyk hoe hulle teikens word nie,” het Isaacs gesê.

Intussen het samesprekings tussen Cele, die provinsiale gemeenskapspolisiëringsforum-raad en ontevrede GPF-lede van Mitchells Plain ure lank geduur.

Lucida Evans wat in die vergadering met Cele was, het Maandagmiddag op Facebook gesê dat die vergadering nog voortduur en dat inligting binnekort bekend gemaak sou word.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Bendes  |  Polisie  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.