Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Mihalik-beskuldigde het kroeg lankal verkoop

Die kroegeienaar van Guguletu wat met die moord op adv. Pete Mihalik (50) verbind word, het glo reeds in Desember sy onderneming, ’n klub in Guguletu, aan drie ander sakemanne van dié township buite Kaapstad verkoop.

Die nuwe eienaars van die kroeg het Donderdag gesê hulle het Maandag bewus geword van gerugte dat die eienaar van die plek wat hulle in Desember oorgekoop het, betrek word by die moord op Mihalik.

Pete Mihalik (regs) saam met Jason Rohde in die hooggeregshof in Kaapstad toe hy nog Rohde se regsverteenwoordiger was. Foto: Adrian de Kock

Hy dien tans tien jaar gevangenisstraf uit vir roof.

“Die man het geen, maar geen bande meer met die onderneming nie.”

Potlako “PK” Phera en Luvuyo “TO” Sapepa het sê hulle is hardwerkende mense wat hul brood en botter op ’n eerlike manier verdien.

“Ons raak nie betrokke by misdaad nie,” het Phera gesê.

Sapepa het gesê kort nadat hulle Maandag van die gerugte gehoor het, het hulle WhatsApp-boodskappe gesien waarin mense openlik die vorige eienaar se naam noem en sê hy was by die moord betrokke.

Volgens Phera vereenselwig baie mense nog die vorige eienaar met die kroeg.

Daar word ook gesê die voormalige kroegeienaar ken die taxibaas Vuyile Maliti (35), wat Donderdag saam met Sizwe Biyela (26) en Nathi Khumalo (31) op aanklagte van moord, poging tot moord, onwettige besit van ’n vuurwapen en onwettige besit van ammunisie in die landdroshof in Kaapstad verskyn het.

Maliti is glo in Guguletu op die noemnaam “Nev” bekend.

Die nuwe eienaars het gesê hulle het die vorige eienaar R100 000 vir die struktuur waarin die kroeg gehuisves word, betaal.

“Ons het ook ’n kontrak laat opstel.”

Die transaksie is op 1 Desember 2017 beklink.

Verlede Donderdag is berig mense in Mihalik se binnekring het gesê ’n private speurder ondersoek die vermeende baasbrein se verbintenis met die eienaar van ’n bekende kroeg in Guguletu.

Die eienaar van die kroeg het Maliti na bewering in opdrag van ’n Kaapse sakeman genader en glo gevra hoe die dienste van ’n huurmoordenaar sonder bande

met die Wes-Kaap bekom kan word.

Die voelers is glo al geruime tyd uitgesteek.

Die vermeende huurmoordenaars, Biyela en

Khumalo, is albei van KwaZulu-Natal. Hulle het glo verlede Maandag uit KwaZulu-Natal in Kaapstad aangekom.

Die vorige eienaar van die kroeg is glo die skakel tussen Maliti en die man wat glo die opdrag vir Mihalik se moord gegee het.

Meer oor:  Pete Mihalik (50)  |  Guguletu  |  Kroegeienaar  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.