Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Miljoene mense en sindikate steel krag van Eskom

Eskom sal nie die ligte in die land kan aan hou as miljoene mense voortgaan om krag te steel en die infrastruktuur te beskadig deur met kragmeters te peuter nie.

So sê Lucas Mazibuko, ’n senior onderhouds-en-bedryfsbestuurder van Eskom.

Die kragreus het in twee van die grootste munisipaliteite in die Vrystaat kragmeters en koopkragtoestelle geïnspekteer om kragdiefstal te bekamp.

Volgens Mazibuko is daar ’n transformator in Bohlokong wat enige oomblik kan ontplof, omdat dit weens kragdiefstal so erg oorlaai word.

Eskom het verlede week in Thabong, by Welkom, en Bohlokong, by Bethlehem, kragdiewe vasgevat. Foto: Eskom

In Thabong is twee transformators wat oorlaai word en wanneer dit uitbrand, kos elkeen R80 000.

“Eskom het empatie met mense wat geldelik swaarkry en daarom moedig ons hulle aan om aansoek te doen om basiese gratis krag. Ons verskaf ook inligting sodat mense kan leer om krag te bespaar,” sê Mazibuko.

Stefanie Janse van Rensburg, Eskomwoordvoerder, sê daar is ook aanduidings in die gebied dat sogenaamde spookhandel in kragaankope plaasvind.

Volgens haar is kragdiefstal ’n ernstige probleem in Thabong, Welkom, sowel as in Bohlokong, Bethlehem.

Sindikate gebruik sagteware om toegang te kry tot Eskom se koopkragstelsel en verkoop koopbewyse, gewoonlik teen ’n afslagprys, aan gemeenskappe.

Pleks dat die inkomste van kragaankope in Eskom se sak beland, word die sindikate verryk.

Eskom het kragmeters en koopkragstelsels geïnspekteer om seker te maak mense peuter nie met die meters nie. Foto: Eskom

Kragdiefstal is nie net nadelig omdat dit kragnetwerke oorlaai nie, maar lei ook gereeld daartoe dat mense beseer of doodgeskok word.

Eskom monitor kragverbruik in gebiede en kan deur die verbruik en aankope te vergelyk vasstel of krag gesteel word.

In Thabong, het Eskom vasgestel, is huishoudings wat krag het, maar al maande lank nie krag koop nie. Daar word ook in Thabong met kragmeters gepeuter sodat dit nie die werklike kragverbruik wys nie.

Volgens Eskom het vorige oudits in die gebied getoon dat daar huishoudings is wat die afgelope drie maande geen krag aangekoop het nie maar steeds krag verbruik.

Meer oor:  Eskom  |  Welkom  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.