Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Min nog bekend oor inbraak by Zondo-kommissie

Die Defend Our Democracy-veldtog sê hy het met kommer kennis geneem van die inbraak by die kantoor van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.

Twee skootrekenaars is in die inbraak Saterdagnag in die kommissie se kantore in Parktown, Johannesburg, gesteel, het Mbuyiselo Stemela, die kommissie se woordvoerder, bevestig.

Baie min besonderhede oor die inbraak is bekend. Dit is ook nog nie bekend of daar belangrike dokumente of inligting van die kommissie op die skootrekenaars was nie.

“Net so bekommerd ons is oor die brande in die Kaap en by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg, so is ons ook baie bekommerd oor die inbraak by die Zondo-kommissie se kantore,” het adv. Mojanku Gumbi gesê wat Sondagmiddag ’n aanlyn geleentheid van die Defend Our Democracy-veldtog gelei het.

“Ons hou dop wat daar gebeur. Ons oordeel niemand nie, maar ons as Suid-Afrikaners moet baie bekommerd wees oor voorvalle soos dié,” het sy gesê.

Stemela het gesê die polisie ondersoek die saak en die kommissie sal Maandagoggend sy werk voortsit. Die kommissie sal later ’n mediaverklaring uitreik.

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, sal Maandag om 10:00 begin getuig.

Kol. Noxolo Kwaza, woordvoerder van die Valke, wou volgens News24 nie die inbraak bevestig of ontken nie.

eNCA het berig daar was glo vroeër ook ’n inbraak by die kommissie en dat dit deur die Valke ondersoek is.

Daar is een Saterdagoggend vroeg in 2017 ook by die kantoor van die hoofregter in Midrand, Johannesburg, ingebreek. Verskeie rekenaars is in dié inbraak gesteel.

Meer oor:  Staatskaping  |  Inbraak  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.