Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Minder vee in Kers- en planttyd gesteel, sê forum
Willie Clack Foto: Sarel van der Walt

Talle faktore het daartoe bygedra dat veediefstal vanjaar in die fees- en planttyd beduidend afgeneem het, sê die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum.

Willie Clack, voorsitter van die forum, sê tradisioneel styg veediefstal skerp in die Kerstyd, asook tydens die planttyd in die somergraangebied.

Clack sê veediefstal neem toe omdat mense in die feestyd meer geld aan vleis bestee. Kulturele gebruike stimuleer ook die vraag.

“ ’n Baie goeie mark word geskep en gesteelde vee word aan onskuldige mense verkoop.”

Clack sê die verstommende bevindinge wat deur bronne in die polisie bevestig is, is dat veediefstalsake ’n aansienlike daling teenoor die vorige jare toon.

“Amptelike statistieke is nog nie beskikbaar nie en die werklike syfers kan dus nie bekend gemaak word nie.

“In die provinsies waar veediefstal op groot skaal voorkom, is gedurende die afgelope feestyd spesiale teenmisdaad-operasies geloods.

“Ook die verbod op veeveilings het misdadigers se afsetgebied beperk.”

Boere se deelname

Clack sê die permitvereistes ten opsigte van die beweging van diere het ook ’n rol gespeel. Weens die bek-en-klouseer-krisis geld ’n beperking op die verskuiwing van vee.

“Boere se ywerige deelname aan die Veediefstal-inligtingsentrums (VIS’e) het ook bygedra om veediefstal te bekamp.”

Die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum bedank die polisie, veediefstaleenhede en die inligtingsentrums vir hul pogings en rig ’n versoek tot agente en afslaers om hulle by die Agricultural Produce Agents’ Council (APAC) te registreer.

Agente en afslaers is wetlik verplig om hulle by die APAC te registreer en boere word gevra om net sake te doen met agente wat geregistreer is. Deur binne die wetgewing op te tree, sal meer sukses behaal word, sê Clack.

Meer oor:  Planttyd  |  Veediefstal  |  Kerstyd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.