Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Minister veroordeel moord op narkotiseur

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het sy skok uitgespreek oor die moord op dr. Abdulhay Munshi.

Munshi, ’n narkotiseur van Houghton, is Woensdagmiddag in Norwood, Johannesburg, doodgeskiet.

Mkhize sê in ’n verklaring dit is ondenkbaar dat iemand die lewe van ’n gesondheidswerker wil neem en hy het ’n beroep op die polisie gedoen om alles in hul vermoë te doen om die skuldiges in hegtenis te neem.

“Ons wil ons innige meegevoel met dr. Munshi se familie, sy kollegas, vriende en die mediese gemeenskap betuig,” sê Mkhize.

Die motief vir die moord is nog onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Netwerk24 het vroeër berig daar is bespiegelings dat die saak van strafbare manslag, wat teen Munshi en dr. Peter Beale, ’n pediatriese chirurg, aanhangig gemaak is laat vaar sou word en dat dit ’n rol in die moord kon gespeel het.

Die vermoorde dr. Abdulhay Munshi Foto: Werner Beukes

Beale en Munshi is aangekla nadat Zayyaan Sayed (10) in Oktober 2019 ná ’n laparoskopie dood is. Munshi moes in November weer saam met Beale in die hof verskyn.

Phindi Louw-Mjonondwane, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het egter die bewerings ontken en sê die saak gaan voort.

Sayed se ouers het intussen in 'n verklaring gesê die afleidings wat in die media gemaak word is "onverantwoordelik, roekeloos, spekulatief en sensasioneel".

LEES OOK: Sluipmoord op dokter: Seun se gesin ‘woedend’

Dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama), het Donderdag gesê dat die saak volgens bronne glo binnekort laat vaar sou word “op grond van bevindings in die lykskouing”.

Volgens haar lyk die moord op Munshi na ’n sluipmoord.

News24 berig ’n ooggetuie op die toneel waar Munshi geskiet is, sê die aanvallers het met hul voertuig in sy voertuig vasgery en toe Munshi uitklim glo op hom losgebrand.

Volgens Sama is Munshi glo ses keer in die kop geskiet, maar die polisie het dit nog nie bevestig nie.

Meer oor:  Moord  |  Abdulhay Munshi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.