Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Minister veroordeel verkragting van 12-jarige

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het die verkragting van ’n 12-jarige leerling Maandag in Bulwer, KwaZulu-Natal, veroordeel.

Volgens die polisie is die gr. 7-meisie verkrag nadat sy terug huis toe is om haar gesigsmasker, wat sy vergeet het, te gaan haal.

’n Seun (17) is in hegtenis geneem in verband met die voorval.

“Die meisie is glo deur die seun verkrag waar sy Maandag in die Mahohoho-omgewing in Donnybrook was,” het kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die seun verskyn eersdaags in die landdroshof in Ixopo op ’n aanklag van verkragting.

“Verkragting is ’n misdaad waarvan die skuldiges die swaarste straf verdien,” het Motshekga Woensdag luidens ’n verklaring gesê.

“Hierdie verkragting van ’n leerling werp weer lig op die plaag van geslagsgeweld wat ons gemeenskappe uitmekaarskeur,” het die minister gesê.

“Ons loof die vinnige optrede van die polisie in Donnybrook met die inhegtenisneming van die 17-jarige verdagte en die erns waarmee die saak gehanteer word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.