Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ministers, vakbonde vergader oor aanvalle op vragmotors

Dit is nie duidelik presies waaroor ’n vergadering handel wat Thulas Nxesi, minister van werkskepping en arbeid, en Fikile Mbalula, minister van vervoer, Maandag in Durban hou as deel van ’n interministeriële komitee ná verskeie aanvalle op vragmotorbestuurders Sondag in KwaZulu-Natal nie.

Fikile Mbalula

Talle vragmotors is aan die brand gesteek. Dit is nog onduidelik of die voorvalle verband hou met enkele aanvalle op vragmotorbestuurders wat ook Sondag in Gauteng, Mpumalanga en die Wes- en die Oos-Kaap aangemeld is.

In een van die voorvalle het Bernard Groenewald, ’n Kaapse vragmotorbestuurder, ernstige brandwonde opgedoen toe sy vragmotor op die N1 by Touwsrivier in die Wes-Kaap met petrolbomme bestook is.

Lees ook: 17 vragmotors brand een ná die ander

Intussen sê kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, die polisie hoop om gou ’n deurbraak te maak nadat ’n taakmag aangewys is om die voorvalle te ondersoek.

Nxesi en Mbalula se woordvoerders was Maandagoggend vaag oor wat op die vergadering van die interministeriële komitee bespreek sal word. Volgens inligting is vakbonde ook deel van die vergadering.

Colin Msibi, woordvoerder van die departement van vervoer, sê hoewel Mbalula deel is van die vergadering is dit eerder Nxesi wat aan die hoof van die kwessie is.

Mokgadi Pela, waarnemende woordvoerder van die departement van arbeid, sê selfs hy weet nie waaroor daar op die vergadering gepraat gaan word nie. Hy het wel gesê dat daar met vakbondleiers vergader word.

Meer oor:  Thulas Nxesi  |  Fikile Mbalula  |  Durban  |  Aangeval  |  Misdaad  |  Vragmotors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.