Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Minstens 12 ambulanse in 4 weke in Oos-Kaap aangeval

Minstens 12 ambulanse wat op noodgevalle gereageer en pasiënte vervoer het, is die afgelope vier weke in die Oos-Kaap aangeval.

Volgens Lwandile Sicwetsha, woordvoerder van Helen Sauls-August, die LUR vir gesondheid, was die jongste voorval Donderdagmiddag toe ’n ambulans in Cathcart met klippe bestook is.

Die stukkende ruit van ’n ambulans wat Donderdagmiddag deur inwoners van Cathcart met klippe bestook is. Foto: Verskaf

“Niemand is beseer nie, net die glas van die ruit (wat stukkend gegooi is) het op die pasiënt geval. Hulle is almal baie geskok oor die voorval,” sê Sicwetsha.

Luidens ’n verklaring van Sauls-August het aanvalle op ambulanse die afgelope maand ook in Mzamomhle, Keiskammahoek, Dimbaza, Peddie, King William’s Town, Alice, Fort Beaufort, Tsholomnqa en Duncan Village voorgekom.

Sauls-August het Vrydag die aanvalle op die ambulanse ten sterkte veroordeel en ’n beroep op die gemeenskap gedoen om die nooddienspersoneel te help beskerm.

“Die nooddienste is daar om die lewens te red van die mees kwesbare en behoeftige mense wat dringend mediese behandeling by ons gesondheidsgeriewe benodig.

“Aanvalle op hierdie voertuie beteken dat minder voertuie beskikbaar is om op noodoproepe te reageer,” sê Sauls-August.

Sy het die nooddienspersoneel wat ondanks die aanvalle in hierdie gemeenskappe steeds die gemeenskap bedien, bedank en hulle vir hul dapperheid geloof.

In ’n poging om die aanvalle te bekamp sal die gesondheidsdepartement binnekort samesprekings met die sekuriteitsbedryf hou, sê sy.

  • Intussen doen sy ’n beroep op die gemeenskap om aanvalle by die polisie óf by die departement se kliëntedienssentrum aan te meld. Sy sê inwoners kan die Stopmisdaadnommer by 08600 10111, of die departement se 24-uur-dienssentrum by 0800 032 364 bel.
Meer oor:  Oos-Kaap  |  Aanvalle  |  Ambulanse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.