Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Misdaad-baasbrein by Lephalale vasgetrek
Van die vuurwapens en ammunisie in die verdagte se besit waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

’n Man wat vermoedelik die baasbrein agter verskeie misdade in die omgewing van Modimolle, Bela-Bela en Lephalale was, is Vrydag op ’n plaas naby Lephalale in Limpopo vasgetrek.

Die verdagte (36) is in ’n gesamentlike klopjag van die Lephalale-honde-eenheid, misdaadvoorkomingseenheid, plofstofeenheid, plaaslike speurders en die Dierebeskermingsvereniging aangekeer.

Hy was in besit van onwettige vuurwapens, onder meer ’n 9 mm-pistool, ’n R1- en R4-aanvalsgeweer en nog twee kort gewere aangekeer. Daar is ook op verskeie rondes ammunisie beslag gelê.

“Ons ondersoek is nog nie afgehandel nie,” sê kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder. “Ons moet nog vasstel waar die verdagte die gewere en ammunisie bekom het.”

Die man sal Maandag in die hof verskyn.

Meer oor:  Vasgetrek  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.