SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Misdaad se statistieke vandag bekend gemaak

Suid-Afrika se jongste misdaadstatistieke word Donderdagoggend amptelik in die parlement bekend gemaak.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, en die res van die polisie se topbestuur sal die statistieke vir die 2018-'19-boekjaar omstreeks 09:00 amptelik in 'n sitting van die portefeuljekomitee oor polisie bekend maak.

Sitole sal joernaliste daarna saam met Bkehi Cele, minister van polisie, en sy adjunk, Cassel Mathale, asook ander senior polisiebestuurders omstreeks 10:30 op 'n nuuskonferensie in die Imbizo-mediasentrum in die parlement toespreek en vrae beantwoord.

Pres. Cyril Ramaphosa en sy kabinet het die statistieke verlede Woensdag op hul laaste kabinetsvergadering bespreek.

Phumla Williams, waarnemende kabinetswoordvoerder, het vroeër in 'n verklaring gesê die misdaadstatistieke stel die regering in staat om sleutelteikens te monitor, veral die vermindering van aangemelde ernstige misdade soos in die regering se mediumtermyn- strategiese raamwerk uiteengesit.

“Dit kan ook dien om misdaadvoorkomingsoperasies te versterk,” het Williams gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.