Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Misdaadvlakke daal in Kimberley

Die misdaadstatistieke van die Noord-Kaap, die grootste provinsie in die land met die kleinste bevolking – van wie sommiges in gehuggies bly – skets bykans ’n prentjie van goeie nuus in ’n land wat “amper soos in ’n oorlogsone” is.

Dit was Bheki Cele, minister van polisie, se beskrywing van die misdaadsituasie in die land in die lig van die gemiddeld 57 moorde per dag landwyd.

Die jongste misdaadstatistieke vir 2017-’18 is Dinsdag bekend gemaak.

Kimberley, die Noord-Kaapse hoofstad, se twee groot polisiestasies – Kimberley en Galeshewe – het albei laer misdaadsyfers aangemeld.

Die Kimberley-polisiekantoor is as die land se 30ste beste polisiekantoor aangewys danksy ’n daling van 9,2% in misdaad.

Moord het met 17,4% afgeneem, maar poging tot moord het met 39% toegeneem. Roof met verswarende omstandighede het met 12,3% toegeneem.

Motorkaping het met 100% toegeneem. Hoewel roof by woonplekke en ander plekke asook brandstigting en saakbeskadiging toegeneem het, het huisbrake en motordiefstal afgeneem.

In Galeshewe het misdaad in die algemeen met 3,6% gedaal. Moord, poging tot moord, verkragting en aanranding en roof met verswarende omstandighede het met 6,9% gedaal.

In Loxton is jy redelik veilig, want alle misdade het gedaal, behalwe aanranding, roof by huise en ander plekke, diefstal van motors en motorfietse en veediefstal (171%).

Seksuele misdade het met 24% gedaal.

Roof by woonplekke het met 160% en veediefstal met 150% gestyg.

In die gehuggie Rietfontein naby die grens met Namibië het misdaad met 3% toegeneem. Die misdade wat toegeneem het, is roof, aanranding, moord, seksuele aanranding (300%) en verkragting (600%). Veediefstal het met 58% gedaal.

In Colesberg het moord met 50% gedaal, maar ander ernstige kontakmisdade soos poging tot moord en aanranding het gestyg. So ook het brandstigting, saakbeskadiging, diefstal van en uit motors en veediefstal gestyg.

In Loxton is jy redelik veilig, want alle misdade het gedaal, behalwe aanranding, roof by huise en ander plekke, diefstal van motors en motorfietse en veediefstal (171%).

In Belmont, een van die kleinste polisiekantore in die land, was die misdaadvlakke onveranderd. Die ernstigste misdade was inbrake en diefstal. Polisieoptrede hier het dwelmverwante misdaad met 200% verminder.

In Port Nolloth het misdaad met 3,7% gestyg. Kontakmisdaad soos moord het met 2,2% toegeneem, maar seksuele misdade het met 44% afgeneem.

Die ander euwel is eiendomsmisdade soos roof en inbrake, wat toegeneem het.

Pampierstad se probleme het vererger omdat misdaad in die algemeen hier met 22,2% toegeneem het. Poging tot moord het met 300% toegeneem.

En onder Sutherland se sterre het misdaad in die algemeen met 22,8% afgeneem. Moord het egter van geen tot drie gevalle in die afgelope boekjaar toegeneem, maar poging tot moord het met 100% afgeneem. Daar was geen gevalle van motorkaping, vragmotorkaping, roof of bankrowery nie, terwyl diefstal, huisinbrake en veediefstal ook afgeneem het.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Kimberley  |  Misdaad  |  Misdaadstatistieke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.