Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Misdadigers besteel, beskadig stad se geriewe gedurende inperking

Terwyl munisipale geriewe in Kaapstad weens die Covid-19-pandemie gesluit is, het misdadigers die kans gebruik om plekke oop te breek en te besteel.

Van die skade wat by ’n biblioteek van die Kaapstadse metroraad aangerig is gedurende die inperking. Foto: Verskaf

Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, sê sedert die inperking begin het tot middel Mei was daar 37 voorvalle van inbrake en stroping by biblioteke, parkies en ander munisipale geriewe.

Daar is by die biblioteke in Bonteheuwel, Nyanga, Athlone, Rocklands en Tokai ingebreek. Inbrekers wat deur dakke inbreek, los ’n pad van verwoesting en trap onder meer die plafonne stukkend.

In drie gevalle is munisipale amptenare aangehou en beroof of voertuie is gekaap. In een geval is amptenare van die munisipale gesondheidsafdeling gekaap nadat hulle by die Khayelitsha-winkelsentrum ’n bewusmakingsveldtog oor Covid-19 gehou het.

By die Kraaifontein-sportkompleks is skade aan die lugverkoelingstelsel aangerig. Kabels ter waarde van R300 000 is by die Monwabisi-oord gesteel. Die deure na die Blue Downs-swembad is stukkend gebreek.

Daar word nou maandeliks R4,1 miljoen deur die metroraad bestee om 24 uur-sekuriteit in te stel en ’n verdere R10,9 miljoen gaan gebruik word om geriewe nog meer te probeer beveilig.

Die publiek kan vandalisme aanmeld deur 107 van ’n landlyn of 021 480 7700 vanaf ’n selfoon te bel.

Meer oor:  Zahid Badroodien  |  Kaapstad  |  Beskadig  |  Besteel  |  Misdadigers  |  Inbrake  |  Vandalisme  |  Munisipale
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.