Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Moenie bespiegel,’ vra familie oor verkoolde lyk

Die familie van ’n vermiste man pleit by mense om nie op sosiale media te bespiegel dat dit sy lyk is wat in ’n uitgebrande voertuig gevind is nie.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, het Maandag gesê die lyk was onherkenbaar verbrand en net DNS-toetse kan bevestig of dit die eienaar van die voertuig is.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord nadat die lyk verlede Donderdag op ’n sokkerveld in Klipgat (naby Ga-Rankuwa in Gauteng) in die uitgebrande voertuig se bagasieruim gevind is.

Hoewel die polisie vermoed dat dit die lyk van Sam Junior Mbatha, die eienaar van die voertuig, is, is dit nog nie bevestig nie. Mbatha word vermis sedert die oorskot en uitgebrande voertuig gevind is.

Myburgh sê hoewel die motor heeltemal uitgebrand het, kon die polisie wel nog die reeksnommer sien en dit gebruik om vas te stel wie die eienaar van die voertuig is.

Kgomotso Sepeng, ’n familielid van Mbatha, het die publiek versoek om bespiegelinge oor sy verdwyning op sosiale media te verwyder, en nie verdere inskrywings te plaas of te versprei nie. “Ons vra dat mense die polisie kans sal gee om die gebeure te ondersoek.”

Meer oor:  Verkoolde Lyk  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.