Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Móénie by ‘vrugteverkopers’ langs die pad stop

Die polisie en slagoffers het die publiek gewaarsku om nie in die Wes-Kaap langs die pad by “druiwe- of vrugteverkopers” te stop nie.

Motoriste wat van die N1 by De Doorns naby die GG Camp-nedersetting afgetrek het om vrugte te koop was al die slagoffers van aanrandings en diefstal.

Een van die slagoffers vertel op Facebook dat hulle op Maandag 20 Januarie by De Doorns langs die nedersetting van die pad af getrek het om druiwe te koop.

“Vier van hulle het nader gestaan om te smous. Toe gebeur alles in ’n oogwink. Toe ek my venster oopdraai om te betaal gryp een my beursie, een my handsak en een my skootrekenaarsak op die vloer agterin die motor.

Gelukkig is ons lewens gespaar. Hulle kon netsowel die motor gekaap het.

“Een bly agter en bly hang aan die venster terwyl ons ry om nog geld te eis – ek sal nooit daardie wrede gesig by my venster vergeet nie,” sê die slagoffer.

“Daar was glo waarskuwingsborde langs die pad om mense te waarsku dat dit gesteelde vrugte is, maar dit is intussen verwyder. Dit was traumaties!

“Gelukkig is ons lewens gespaar. Hulle kon netsowel die motor gekaap het.”

Vroeër is berig dat De Doorns se polisie motoriste waarsku om versigtig te wees wanneer hulle in dié gebied langs die pad stilhou om druiwe te koop.

“Die polisie waarsku motoriste om nie stil te hou nie. Daar is onlangs gevalle aangemeld van motoriste wat stilgehou het om druiwe te koop en van hul selfone en kontant beroof is,” lui die verklaring wat sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, Sondag uitgereik het.

“Ons is so twee uur gelede daar verby en mense stop sowaar vir die klomp boewe teen die pad,” sê een persoon Sondag op Facebook.

“Wanneer gaan mense leer? Hoeveel keer moet dit nog gesê word? Oral is borde op.”

Talle mense lewer kommentaar op Facebook en sê die borde wat veronderstel is om motoriste te waarsku is verwyder.

Meer oor:  De Doorns  |  N1
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.