Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moenie dié vroue by polisiekantore wegwys, sê Cele
Sowat 1 500 polisiemanne het Maandag aan ’n optog in Sunnyside, Pretoria, deelgeneem in solidariteit met die slagoffers van geslagsgeweld. Foto: Christiaan du Plessis

Die minister van polisie het Maandag by ’n optog in Pretoria, waaraan sowat 1 500 polisiemanne in solidariteit met die slagoffers van geslagsgeweld deelgeneem het, ’n beroep gedoen dat hulle die samelewing van vrouemishandelaars suiwer en toesien dat hulle in die tronk beland.

Bheki Cele het in sy toespraak in Sunnyside ook ’n ernstige beroep gedoen dat die slagoffers van geslagsgeweld nie by polisiekantore weggewys word nie.

Bheki Cele, minister van polisie, spreek die beamptes toe. Foto: Christiaan du Plessis

Die optog is deel van ’n veldtog deur polisiebeamptes, asook deur die samelewing om aandag op die geweld teen vroue en kinders te vestig.

“Baie mishandelde vroue kom na die polisiekantoor as ’n laaste uitweg. Moenie daardie vroue wegwys om eers dinge met haar mishandelaar te gaan uitpraat nie.

“Dit is ook nie jóú plek om kommentaar te lewer oor hoe ’n vrou aantrek nie. ’n Vrou het die reg om aan te trek en te kan loop soos sy wil,” het hy gesê.

Cele het polisielede gevra om die slagoffers met die nodige sensitiwiteit te hanteer wanneer hulle by ’n polisiekantoor om hulp aanklop.

Hy het gesê die polisie se stryd teen gesinsgeweld begin reeds by die huis. “Hanteer jul eie vroue, meisies, susters en moeders met respek.”

Geslagsgeweld is ’n groot probleem in die samelewing en polisielede moet ’n voorbeeld stel deur vroue met respek te behandel.

Geslagsgeweld het veral weer onder die soeklig gekom nadat die “Is ek volgende?”-veldtog op sosiale media opslae gemaak het. Dié veldtog het begin nadat ’n eerstejaarstudent aan die Universiteit van Kaapstad, Uyinene Mrwetyana, in Augustus vanjaar wreed verkrag en vermoor is.

Cele het onder meer gesê die stryd teen geslagsgeweld begin by die huis. Foto: Christiaan du Plessis

Meer oor:  Gendergeweld  |  Bheki Cele  |  Geslagsgeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.