Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moenie val vir aanlyn slenters

Die polisie in Uitenhage in die Oos-Kaap waarsku mense om nie slagoffers te word van aanlyn slenters nie.

Die waarskuwing kom nadat minstens vier inwoners die afgelope twee weke aanlyn uit geld geswendel is.

Volgens die polisie se inligting het slagoffers vervalste e-posse ontvang vir bestaande transaksies.

Hoewel dié e-posse soos die ware Jakob van ’n instansie lyk, het aanlyn swendelaars vermoedelik die e-pos onderskep en die bankbesonderhede met hul eie vervang.

Die Uitenhage-polisiekantoor. Foto: Verskaf

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê wanneer ’n maatskappy ’n e-pos aanstuur en meld hul bankbesonderhede het verander, moet die ontvanger dit nie bloot aanvaar nie, maar dit eerder telefonies met die spesifieke maatskappy bevestig.

“Daar moet gelet word op skielike veranderinge van bankbesonderhede. Min maatskappye sal oornag skuif van bank.”

Swart sê dit is ook belangrik om nooit op e-posse of selfoonboodskappe te reageer met persoonlike besonderhede nie, al blyk die e-pos van ’n bank afkomstig te wees. “Onthou, ’n bank sal jou nooit vra om jou besonderhede te bevestig of op te dateer deur ’n e-pos nie.”

Sy waarsku ook mense moet hul bankkodes privaat hou, nie aanlyn bankbesonderhede op ’n webwerf stoor nie, en ook gereeld kodes en wagwoorde verander.

“Vermy enige aanlyn banktransaksies by openbare internetkafees of ’n rekenaar wat ook deur ander mense gebruik word.”

Swart sê dit is ook raadsaam om te onthou dat wanneer ’n aanbod te goed lyk om waar te wees, dit gewoonlik die geval is.

Die polisie het nog niemand in verband met die onlangse bedrogsake aangekeer nie en die handelsmisdaad-taakspan van Uitenhage se ondersoek duur voort.

Inwoners word aangemoedig om enige inligting rakende kubermisdaad by die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111 aan te meld.

Meer oor:  Uitenhage
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.