Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Mooinooi-saak se ‘baasbrein’ aan ventilator gekoppel

Koos Strydom (54), die vermeende baasbrein agter die Mooinooi-moorde, is Maandagoggend glo bewusteloos gekry in sy tronksel in die Kgosi Mampuru II-gevangenis en is tans aan ’n ventilator gekoppel.

Bewaarders kon hom glo nie wakker kry nie.

Sy prokureur, Heinrich Moldenhauer, wou nie by navraag bewerings bevestig dat hy sy eie lewe probeer neem het nie.

Koos Strydom (54) tydens 'n hofverskyning in die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Isabel Venter

“Volgens my inligting het iemand met oopsluittyd besef dat Koos nie wakker word nie. Die owerhede het die paramedici ontbied en hy is na die tronkhospitaal geneem,” het Moldenhauer gesê.

Strydom se vrou, Mercia (23), is in kennis gestel en het Moldenhauer gekontak. Sy het hom meegedeel dat haar man later oorgeplaas is na die Kalafong-hospitaal, waar hy aan ’n ventilator gekoppel is.

Die Strydoms staan saam met Alex Modau (36) en twee broers, Aaron James (26) en Jack Chinkinya Sithole (19), tereg op die moorde op Joey en Anisha van Niekerk van Mooinooi, Noordwes.

Die Sithole-broers word ook van verkragting aangekla.

Die saak word in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

Meer oor:  Mooinooi-Saak  |  Koos Strydom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.