Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moord-beskuldigde van Kimberley gesoek

Die polisie se provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad in die Noord-Kaap versoek die hulp van die publiek om ’n vermeende moordenaar op te spoor.

Volgens kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, word Derrick Fyvers (50) van die moord op Ashwin Malan beskuldig.

Fyvers het Malan na bewering op 8 September 2018 in die Atlantis-gastehuis in Greenstraat, Kimberley, doodgeskiet.

Derrick Fyvers wat van moord beskuldig word, word deur die polisie gesoek. Foto: Verskaf

Die saak word tans in die hooggeregshof in Kimberley aangehoor.

Fyvers het glo verdwyn en sy borgtog is herroep.

“Die polisie is van mening dat Fyvers hom in Eersterus in Pretoria bevind.”

Die polisie het die publiek gewaarsku om versigtig te wees en hom nie te nader nie aangesien hy vermoedelik gewapen is en ’n gevaar vir die publiek kan inhou.

Enige persoon met inligting oor waar Fyvers hom bevind, kan die ondersoekbeampte, ao. Patrick Dibebe by 060 6861 6893 bel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Meer oor:  Kimberley  |  Moordsaak  |  Beskuldigde  |  Gesoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.