Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moord by sjebien: ‘Drankwet moet gewysig word'

Die misbruik van alkohol in onwettige sjebiens, wat tot laat in die nag oopbly, dra by tot geweldsmisdaad en alkohol-wetgewing moet so gou moontlik gewysig word.

Dit was die reaksie van Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, nadat vier mans Woensdagaand in ’n sjebien in Khayelitsha doodgeskiet is.

Die vier slagoffers het in die sjebien gekuier toe ses onbekende mans ingestorm en op hulle losgebrand het. Die slagoffers was almal tussen die ouderdom van 24 en 34 jaar oud.

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid. Foto: Peter Abrahams

Fritz het ’n beroep op die polisie gedoen om hul ondersoek so vinnig moontlik af te handel en die verdagtes in hegtenis te neem.

“As deel van die Wes-Kaapse veiligheidsplan moet my departement help om die alkoholwetgewing, veral met betrekking tot die Wes-Kaapse Drankwet, te wysig. Dit is noodsaaklik dat hierdie wysigings bydra tot die vermindering van die skade wat alkohol in ons gemeenskappe veroorsaak.”

Fritz sê in ’n studie, wat in 2012 deur die departement van gesondheid gepubliseer is, word daar klem gelê daarop dat die voorkoms van alkoholmisbruik verband hou met die maklike toegang tot alkohol en dat dit betreklik goedkoop is.

“In ons meestal minderbevoorregte gemeenskappe sien ons ’n toenemende getal onwettige sjebiens wat tot laat in die nag oop is en sonder die nodige veiligheidsmaatreëls bedryf word. Dit kan nie langer toegelaat word nie,” sê Fritz.

Meer oor:  Albert Fritz  |  Kaapstad  |  Sjebiens  |  Alkohol-Wetgewing  |  Drankwet  |  Drankmisbruik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.