Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moord én aanval voor premier se besoek oor plaasveiligheid

Op die vooraand van die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, se besoek aan Newcastle is nog ’n boer in die provinsie vermoor en kon ’n ander een ’n aanval afweer.

Glen en Vida Rafferty se moorde het daartoe gelei dat die premier van KwaZulu-Natal Saterdag Newcastle besoek het. Foto: Verskaf

Zikalala het Saterdag met boere in Newcastle vergader om die veiligheidsituasie op plase te bespreek. Dié vergadering volg drie weke nadat Glen en Vida Rafferty hier by Normandien vermoor is en ’n massiewe optog teen plaasmoorde in die gebied gehou is.

Saterdagoggend is Kurt Schroeder (77) van Hattingspruit, skaars 50 km van Normandien, byna aangeval.

Jörg Filter, nasionale voorsitter van Oorgrense Veiligheid, sê vier gewapende mans het Saterdagoggend met ’n Mercedes-Benz-motor op Schroeder se plaas, Fels, opgedaag en gesê hulle wil beeste koop.

Die mans het lang jasse gedra en aan ’n plaaswerker gesê hy moet Schroeder bel en sê hulle wil beeste koop.

Schroeder het volgehou dat hy nie beeste het om te verkoop nie en het nie uit sy huis na die mans gegaan nie.

Die vier mans het gedreig dat hulle die plaaswerker sou skiet en het hom aangerand en met ’n vuurwapen gedreig.

Filter sê die mans het die Mercedes waarmee hulle gery het se nommerplate verander voordat hulle van die plaas weg is.

Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal. Foto: Argief

Die polisie van Swartberg, naby Kokstad, het Donderdagoggend om 02:30 ’n verdagte bakkie gesien.

Die bestuurder van die bakkie het weggejaag, maar is later van die pad gedwing. Die polisie het op 34 skape in die bakkie afgekom, waarvan 14 reeds gevrek het. Nog drie bokke en komberse is ook in die bakkie gevind.

Die polisie het die drie mans van tussen 17 en 23 jaar oud op ’n klag van veediefstal in hegtenis geneem.

Die polisie het hul ondersoek uitgebrei om vas te stel waar die vee vandaan kom en uitgevind dat Sefolokolo Makatise (48) die vorige aand in sy huis in dieselfde gebied vermoor is. Sefolokolo is vermoor waarna die huis met sy lyk daarbinne aan die brand gesteek is en die drie mans sy vee op die bakkie gelaai het.

Die drie vermeende moordenaars sal binnekort in die hof op Umzimkulu verskyn.

Meer oor:  Sihle Zikalala  |  Plaasaanval  |  Plaasmoord  |  Premier  |  Plaasveiligheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.